By Bronberg is jy veilig en versorg
July 24, 2018
Kommervrye aftrede in Bronberg Aftreelandgoed
July 24, 2018
Show all

Nog te jonk vir ‘n aftree-oord?

Mariaan Maud moedig mense aan om op ‘n jonger ouderdom na ‘n Aftreelandgoed te trek.  “Ek het op 55-jarige ouderdom na Bronberg getrek, want hier is alles wat ek nodig het. Elke dag voel soos vakansie en ek is mal oor die personeel.  Ek het heerlike vriendskappe aangeknoop en ek hoef nooit weer te trek nie. My vriende vertel gereeld vir my hulle moes dieselfde gedoen het.”

Besoekers aan Bronberg Aftreelandgoed merk gou op dat hulle hier nie die tipiese “ouetehuis” gevoel kry wat dikwels kenmerkend van baie aftreefasiliteite is nie.  Central Developments se aftree-oorde word juis ontwikkel om aan inwoners bo 50 – wat hulle omstandighede ookal mag wees – ‘n kwaliteit leefstyl te voorsien.  Vir jonger afgetredenes is daar meer as genoeg geleentheid om hulle aktiewe leefstyl voort te sit in ‘n omgewing waar hulle terselfdertyd die gemoedsrus van goeie sekuriteit geniet.  Meer bejaarde afgetredenes geniet weer gemoedsrus in die 24-uur noodondersteuning, ‘n volledige 24-uur sorgeenheid en ‘n verskeidenheid ander ondersteuningsdienste wat gerieflik op die terrein geleë is.

Kom kyk gerus na Bronberg Aftreelandgoed se omvattend toegeruste dienssentrum met onder andere ‘n feestelike eetsaal, volledig toegeruste kombuis, ‘n spreekkamer, posbusse, wasserydiens, haar- en skoonheidsalon, ‘n verhitte swembad, ontspanningsaal, sonnige biblioteek en gesellige kuierplekke met DSTV.

Daar is nog net 3 huise oor! Skouhuise kan sewe dae per week tussen 09:00 en 17:00 besigtig word.

As jy wil deel in ‘n leefstyl van gemoedsrus, skakel gerus 0861 36 46 16 vir meer inligting.