Retirement lifestyle – Where health, security, comfort and lifestyle meet
September 25, 2018
Bronberglandskap se natuurskoon
December 4, 2018
Show all

Die laaste wooneenheid in die huidige fase van Bronberg Aftreelandgoed is uitverkoop!

Gelukkig sal daar nog ‘n geleentheid wees om in hierdie immergewilde aftreeoord te koop, want ‘n volgende fase word nou gebou.

Vir die gelukkige eienaar wat die laaste wooneenheid in die bestaande Bronberg-fase gekoop het, was die skuif na Bronberg ook ‘n persoonlike mylpaal. 

Na die afsterwe van Bouwer Nel se vrou, Hettie, het sy kinders aangedring dat hul pa in ‘n omgewing moet wees waar mediese versorging beskikbaar is.  Bouwer het uiteindelik besluit om die kinders se raad te volg, sy groot huis waar hy 40 jaar gewoon het, in die mark te sit en die trek aan te pak na ‘n aftreeplek met die nodige ondersteuningsdienste.

Bouwer het Bronberg gekies, omdat die oord en omgewing baie mooi is en so gebou is dat dit lewendig en vol verskeidenheid is.  “Dit het nie ‘n dooie aftreeoordvoorkoms nie.  Die binnekant van die huise is mooi, nuut en modern.  Ek kan my hondjie saambring en vir hom dieselfde vryheid gee as tans en ek kan deel word van ‘n aftreegemeenskap, maar steeds my privaatheid behou.”

Bouwer was alreeds in sy vroeë twintigs senior landdros in Pretoria.  Na dertig jaar in die Departement van Justisie, het hy op vyftigjarige ouderdom afgetree en sy eie onderneming begin wat hy vir ‘n verdere vyftien jaar bedryf het.  “Ek het vir 45 jaar baie hard gewerk.  Dit is nou tyd om rustig te raak en lekker te bly.  Ek bring my gereedskap saam na Bronberg, want nou gaan ek weer tyd kry om handwerk wat ek so geniet, te doen.”

“Uiteindelik is die kinders almal gelukkig,” terg Bouwer terwyl hy die sleutels vir sy nuwe huis by Bronberg van Stefan Bezuidenhout van Central Developments Eiendomsgroep in ontvangs neem.  Dié kranige oud-atleet is gereed om weg te spring met sy nuwe lewe.

Moenie die fantastiese geleentheid mis om in die volgende fase van Bronberg te koop en die volgene fase van jou lewe by Bronberg deur te bring nie. Skakel vandag 078 626 5221 om jou naam op die waglys te plaas.