Nog te jonk vir ‘n aftree-oord?
July 24, 2018
Bronberg Aftreelandgoed – Leef voluit!
July 25, 2018
Show all

Kommervrye aftrede in Bronberg Aftreelandgoed

Pam Wilgenbus en haar 86-jarige moeder het saam van Potchefstroom na Bronberg Aftree-oord getrek toe Pam op vroeë aftrede gegaan het.  Pam, ‘n entoesiastiese kamper en stapper, kan haar aftrede geniet en lekker rondrits met gemoedsrus dat daar na haar moeder omgesien word wanneer sy uitstedig is. “My ma het al die nodige versorging terwyl ek kamp en reis. Selfs haar etes word daagliks vir haar afgelewer.”

Pam leef haar passie vir boeke by Bronberg Aftreelandgoed uit.  Sy het die meer as 3000 boeke in die biblioteek op ‘n rekenaarsisteem gelys en dit haar verantwoordelikheid gemaak om die een groot en vier kleiner biblioteke in die oord te bestuur. Sy versprei ook die boeke na die inwoners oral in die landgoed, sowel as die 24-uur sorgeenheid. “Ek sien hoe gesigte ophelder wanneer ek vir mense in die sorgeenheid hul gunsteling boeke vat.”

Bronberg Aftreelandgoed is daarvoor bekend dat dit ‘n veilige tuiste bied aan afgetredenes van alle ouderdomme.  Vir meer aktiewe afgetredenes is daar ruim geleentheid om by ‘n verskeidenheid aktiwitiete en belangstellings betrokke te wees.  Vir ouer afgetredenes wat dalk al sorg benodig, bied Bronberg ‘n volledig toegeruste 24-uur sorgeenheid met ‘n heerlike kuier-en-televisiekamer, eetkamer en vriendelike personeel.

Waarvoor wag jy?

Kom besigtig ons skouhuise sewe dae per week van 09:00 – 17:00.

Ons spesialiskonsultante sal saam met jou die pad stap.

Slegs 3 huise nog beskikbaar in die huidige fase.

Skakel gerus 0861 36 46 16 vir verdere inligting.