This Joburg retirement development offers returns of up to 20% pa
October 20, 2017
Nog te jonk vir ‘n aftree-oord?
July 24, 2018
Show all

By Bronberg is jy veilig en versorg

Alan Meerholz (foto) het van Phalaborwa na Bronberg Aftreelandgoed getrek.

“Ek is nou by ‘n sorgeenheid en hospitale, naby my kinders en ek voel geborge en veilig. Ek geniet elke dag wat ek hier is, ek het baie vriende gemaak en die susters is baie goed.”

Bronberg Aftreelandgoed bied ‘n moderne, volledig toegeruste, 24-uur sorgeenheid. Die sorgeenheid maak voorsiening vir die volledige versorging van verswakte bejaardes. Die 24-uur paniekknoppies word ook uit die sorgeenheid gemonitor. Die paniekknoppies stel inwoners in staat om enige tyd van die dag of nag mediese ondersteuning aan te vra in ‘n noodgeval. Basiese gesondheidsdienste soos onder andere die behandeling van wonde en bloedsuikermeting word ook gratis in die dagkliniek in die dienssentrum aan inwoners verskaf deur vriendelike bekwame personeel soos suster Patrys (foto) wat Pieter de Villiers se bloeddruk neem.

Die volledige ondersteuningsdienste wat direk op die aftree-oord terrein beskikbaar is, verskaf hope gemoedsrus aan die inwoners asook hul kinders wat besorg is oor hul welstand.

Besoek gerus Bronberg Aftreelandgoed en vergewis jouself van die waarde van inwoning in ‘n aftree-oord soos hierdie.

Daar is nog 3 splinternuwe huise te koop (2 slaapkamer en 3 slaapkamer).

Skouhuise kan sewe dae per week tussen 09:00 en 17:00 besigtig word.

Skakel 0861 36 46 16 vir meeer inligting.