‘n Mylpaal vir Bronberg Aftreelandgoed
October 11, 2018
Show all
Bronberg Cussonia landscape

Bronberg-aftreelandgoed is knus aan die voet van die mooiste koppie in Bronberg, Pretoria-Oos geleë.

Hier word inwoners met ‘n asemrowende landskap van klipkoppies, grasveldareas en ‘n ryk biodiversiteit bederf. Bronberg is tuiste tot ‘n wye verskeidenheid fauna en flora en ‘n merkwaardige diversiteit van dierelewe.

‘n Verskeidenheid diere-, plante-, voëls- en insekspesies is al in hierdie bewaringsarea opgeteken, met meer as 150 voëlspesies wat al hier geïdentifiseer is. In Bronberg se koppie kan jy na hartelus veilig stap, voëls kyk en jou aan pragtige uitsigte verlustig.

By Bronberg-aftreelandgoed word die laaste fase tans gebou. Baie moeite word gedoen om aan inwoners veilige stapplek in die Bronbergkoppie en parke in die oord te bied. ‘n Heerlike voëluitkykpunt word ook in die vooruitsig gestel. Hier kan jou siel jou weer inhaal.

Moenie die geleentheid mis om in die laaste fase van Bronberg-aftreelandgoed jou rustige aftreehuis in die pragtigste natuurskoon te koop nie. Skakel vandag nog een van ons aftree-eiendomspesialiste by 078 626 5221 vir meer inligting.