Bronberg Aftreelandgoed – Leef voluit!
July 25, 2018
Retirement lifestyle – Where health, security, comfort and lifestyle meet
September 25, 2018
Show all

Bronberg Aftreelandgoed – ‘n Lewe om van te droom

Iemand het eenkeer gesê: “Soms weet mens nie waarvan jy droom nie – tot jy dit sien…”

Toe Hillaine Sachs die eerste keer by Bronberg Aftreelandgoed besoek afgelê het, het sy besef wat haar droom vir haar aftreejare is en dat dit ‘n droom binne haar bereik is.

Hillaine het die besluit geneem om op haar 70ste verjaarsdag die skuif te maak van ‘n groot huis na haar droomplekkie aan die voet van die Bronberg.  “Dit is die beste geskenk wat ek vir myself kon gee” sê Hillaine, wat dankbaar is dat sy nou haar droom van ‘n stiller, rustiger seisoen kan begin terwyl sy steeds haar passie, om Spaanse dansklasse te gee, voortsit. Hopelik, binnekort ook aan die inwoners by Bronberg Aftreelandgoed. In haar nuwe aftreehuis sien sy uit daarna om minder tyd te spandeer aan huisonderhoud en meer tyd saam met haar kleinkinders te geniet.

Haar dogter, Mandy-Lee Wiegmans, sê haar ma het lanklaas so ontspanne geklink oor die foon.

Om dit alles te kroon; in Hillaine se tuin by Bronberg Aftreelandgoed blom twee helderkleurige regop Strelitzias, ‘n kosbare herinnering aan die tuin uit haar kinderjare, en nou vir haar ‘n simbool van haar twee ouers se ewige nabyheid. Vir Hillaine was dit bevestigend dat die beste seisoen van haar lewe hier begin.

Bronberg Aftreelandgoed se dienssentrum bied onder andere ‘n ontspanningsaal wat gons van heerlike aktiwiteite soos musiekkonserte, lyndanse, pilates en ‘n wonderlike mark elke eerste Saterdag van die maand.  Volgens gerugte sal jy nêrens in die wêreld beter outydse gemmerkoekies kry as dié wat te koop is by Bronberg se Saterdagmark nie.

Foto: Albie Muire, aftree-eiendomspesialis by Bronberg Aftreeoord, oorhandig aan ‘n baie opgewonde Hillaine Sachs haar nuwe huissleutels op haar 70ste verjaarsdag.

By Bronberg sorg personeel dat jy al die ondersteuning ontvang om jou trekervaring na Bronberg Aftreelandgoed so gerieflik as moontlik te maak.  Ons bemarkers staan die koper by tot die trek afgehandel is en die inwoner gelukkig en gemaklik wortels geskiet het.

Net 3 huise is nog beskikbaar teen die huidige pryse.

Op skou sewe dae per week van 9:00 – 17:00

Skakel ons by 078-626-5221 vir meer inligting.

Kom kyk vandag en droom weer!