Kommervrye aftrede in Bronberg Aftreelandgoed
July 24, 2018
Bronberg Aftreelandgoed – ‘n Lewe om van te droom
July 25, 2018
Show all

Bronberg Aftreelandgoed – Leef voluit!

Oom Fanie van Wyk kan elke dag heerlik in die oord stap. Om daagliks binne die oord sy oefeninge te doen, wetende dat hy heeltemal veilig is en boonop vriende langs die pad kan groet is vir hom een van die lekkerste dinge.

Renee Pretorius slaan ook nie een dag haar staproetine oor nie. Sy vertel vir almal: “Om in Bronberg te woon, is soos om in ‘n 4-ster hotel te bly.”

Kom na Bronberg Aftreelandgoed en word geïnspireer om jou beste jare voluit te leef!  Hier bly jy aktief en lus vir die lewe.  Dit is immers nou tyd om die lewe te geniet!

Bronberg Aftreelandgoed bied 24-uur sekuriteit, veilige wandelpaaie, ‘n verhitte swembad, ontspanningsaal en eetsaal.  Die inwoners hou hulle besig met ‘n verskeidenheid aktiwiteite, soos konserte, lyndanse, pilates, kuiergeleenthede, spesialispraatjies, speletjies en ‘n maandelikse oggendmark.

Slegs 3 huise is nog beskikbaar.  Spring gou en kom kyk na die laaste praghuise in die huidige fase.  Jy gaan dit nooit weer teen hierdie pryse kry nie.

Kom besigtig ons skouhuise 7 dae per week van 9:00 – 17:00, Midasstraat 47, Olympus, Pretoria-Oos.

Ons spesialiskonsultante sal jou met goeie raad en ondervinding bedien.